Submitted by Visitor (not verified) on Mon, 07/12/2009 – 11:31
Bible Book: 2 Samuel
Chapter: 1
Verse: 17 – 27
2 Samuel 1:17-27

Saul en sy seuns het op dieselfde dag op Gilboaberg gesneuwel (2 Sam 31:1-6). Die dood van die koning en sy seuns was tekenend van die geweldige nederlaag wat die Filistyne die Israeliete toegedien het. Dit was inderdaad ‘n baie hartseer tyd vir die volk.

Dawid beklaag die dood van Saul, die koning van Israel, en Jonatan, sy seun. In hierdie hartverskeurende lied verwoord hy die diepe hartseer en verlies oor die vernietiging van Israel se leermag en die dood van hulle koning. Tog vind ons die mees persoonlike uitdrukkings van hartseer wanneer Dawid sy geliefde vriend, Jonatan, noem (verse 23, 25 en 26).

Die talle voorbeelde van klaagliedere in die Bybel vestig nie alleen ons aandag op die feit dat die mense van die Bybel dikwels geweeklaag het nie – dit beklemtoon die belangrikheid van weeklag vir gelowiges. Om dit te ignoreer of te vermy, is om jouself van die geleentheid om jou verhouding met God te verdiep, te beroof.

Die Bybelse taal van weeklag is al die taal genoem, “that can lead us out of the temptation to apathy, muteness, and anger, and that does not resort to atheism”.

Bybelse weeklag is nie sonder meer dieselfde as ons normale uitdrukkings van hartseer en verlies nie. “Lament is akin to mourning and at times difficult to distinguish form mourning. It is also more. It is somehow more purposeful than mourning. It signals that relationships and circumstances have gone terribly wrong. It is more than railing against suffering, a breast-beating or confession of guilt. It is a coil of suffering and hope, awareness and memory, anger and relief, a desire for vengeance, forgiveness, and healing that beats against the heart of God. It is our way of bearing the unbearable, as we, in Joel’s words, rend ‘our hearts and not our clothing.’ It is, in essence, supremely human.”

“… Lament is never an end in itself. It is undergirded by the hope that God not only can but that God will hear the cries of the suffering and the penitent and will act with mercy and compassion.”

Dawid het oor Israel se nederlaag teen die Filistyne geweeklaag. Wanneer ‘n mens na die statistiek van sterftes as gevolg van MIV en vigs kyk, word vele groot oorloë daardeur oorskadu. Hoeveel Christene beklaag dit?
Om oor na te dink (of te bespreek): Hoe kan ons Bybelse weeklag prakties toepas om ons te help om die ondraaglike draaglik te maak?
Aanhalings van Denise M Ackermann, After the Locusts.

Author: N du Toit (Ds)
Language: Afrikaans