Submitted by Visitor (not verified) on Thu, 17/11/2011 – 10:53
Year A (2010-2011)
Bible Book: Amos
Chapter: 5
Verse: 6 – 16
Teks: Amos 5: 6-16
In Amos 5:6 – 16 hoor ons die skaapwagter-profeet se dringende oproep dat Israel sal ophou om armes te veronreg. Hy waarsku dat die Almagtige nie teenwoordig kan wees by ‘n volk waar daar soveel onreg plaasvind nie. Wanneer hierdie onreg God laat ingryp, sal dit soos ‘n vuur wees wat vernames en rykes sal verteer.
In ons land waar die kloof tussen ryk en arm van die grootste in die wêreld is, kan niemand dit bekostig om Amos se boodskap te ignoreer nie. Voeg hierby dat ons land ook van die hoogste voorkoms van MIV en vigs het en jy moet besef: ons het ‘n krisis!
Armoede verhoog die risiko vir MIV infeksie. Arm mense wat ‘n MIV+ gesinslid tuis versorg, is meer kwesbaar vir infeksie. Soms moet hulle tussen ‘n inkomste en die versorging van ‘n geliefde kies. Vir mense wat vasgevang is in ‘n armoede-kultuur is “kommersiële seks” (=prostitusie, seks twv huisvesting; twv status; twv geskenke; twv gunste; ens.) soveel moeiliker om te vermy. MIV+ mense wat arm is se lewensverwagting is veel korter as MIV+ mense wat goeie dokters en medisyne kan bekostig.
MIV/vigs maak mense armer. Dink maar net wat kos een besoek aan ‘n dokter. Selfs arm mense skraap hierdie geld (=hulle kosgeld) bymekaar wanneer besoeke aan staatshospitale nie verligting bring nie….. Opportunistiese infeksie as gevolg van MIV beteken afwesigheid by werk en vir dagloners beteken dit minder geld aan die einde van die week.
Hierdie voorbeelde kan vermenigvuldig word deur net ‘n rukkie ernstig daaroor na te dink.
Terwyl Amos agter sy skape was en ernstig nagedink het oor die lot van armes in Israel, kon hy nie langer net sy skape versorg nie.
Amos se boodskap aan Israel was ‘n rigtingwyser na die lewe: “Vra na die wil van die Here, dan sal julle lewe!” (5:6a).
Author: Ackerman D (Dr) and Lundo J
Language: Afrikaans