Submitted by Visitor (not verified) on Mon, 14/11/2011 – 14:57
Year A (2010-2011)
Bible Book: 2 Samuel
Chapter: 18
Verse: 5 – 33
Text: 2 Samuel 18: 5-33

Hierdie verhaal van Absalom se dood laat ons bewus raak van ons idees oor die gevolge van sonde in mense se lewens. (Van Wyk se bespreking in BUVTON se “Preekstudies met liturgiese voortstelle Advent 2002 tot Koninkrykstyd 2003”, bring dit treffend ter sprake.)

Natan het aan Dawid die oordeel van God oor sy owerspel en moord verkondig: “Daarom sal die swaard nou nooit meer uit jou huis weggaan nie…” (2 Sam 12:10 e v). Die verhaal van Absalom se dood (teregstelling/ moord?) is ‘n verskriklike(!) vervulling van Natan se woorde. Die Ou Testament slaag daarin om die verskiklike gevolge van ons sonde aan ons te verhaal.

Die probleem kom wanneer ons hierdie les nie meer op onsself toepas nie, maar op “ander mense” toepas. Dan verbeel ons ons kan vinger wys en ander mense se lyding as die gevolg van hulle sonde verklaar.

Wanneer ons self “in Dawid se skoene staan” onthou ons makliker dat Dawid en Absalom se verhaal opgevang word in die verhaal van God se Seun wat tussen hemel en aarde gehang het….

Dit vra geen besondere insig om raak te sien dat die verspreiding van MIV en vigs diwels deur sedelose (=sondige) gedrag plaasvind nie. Die insig wat ons egter nodig het, is hoe ons as volgelinge van Christus mense wat deur MIV en vigs swaarkry en seerkry (ONGEAG HOE HULLE BY DIE PUNT GEKOM HET) kan help.

Miskien was Dawid se worsteling of hy nie tog Absalom se dood kon voorkom het nie, nie net selfgerigte smart nie, maar ook ‘n “dowwe beeld” van God se liefde wat nie kan vrede maak met mense wat onder die gevolge van sonde sterf nie???

Author: du Toit N (Ds)
Language: Afrikaans