Year A (2010-2011)
Bible Book: Mark / Markus
Chapter: 12
Verse: 28
Verse (to): 43

Teks: Markus 12:28-43

Die twee Ou Testamentiese skrifgedeeltes wat die Leesrooster (RCL) vir hierdie Sondag voorstel, kan met groot vrug gebruik word om iets van wat liefde is, te belig. Rut 1 bring die nood van ‘n mens wat eensaam geword het deur die hartseer verhaal van Naomi na ons. Gelukkig was daar ‘n Rut wat nie skaam was vir haar skoonmoeder se “lot” nie….

Psalm 146 is dié Psalm wat ons laat sing oor die groot dade van God wat mense in nood raaksien en na hulle omsien. Wie hierdie lied met die hart gesing het, kan tog nie hulle harte vir hulle naaste se nood sluit nie?

Hierdie twee Skrifgedeeltes skep baie moontlikhede vir die toepassing van Jesus se samevatting van die wet: “Luister, Israel, die Here ons God is die enigste Here. Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en met al jou krag. Die tweede is: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself” (Mark 12:29-31).

“Maar as my naaste vigs het?”

Vir baie het die volgende vraag gehelp: “Gestel jy hoor by die dokter dat jy MIV-positief is. En gestel dié inligting raak verder bekend. Hoe sou jy wou hê moet jou gesinslede, jou vriende en jou kennisse teenoor jou optree?”

Matteus vertel dat Jesus ‘n praktiewe riglyn vir die liefdesgebod gegee het: “Alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen. Dit is tog waarop dit neerkom in die wet en die profete” (Mat 7:12).

 

Author: du Toit N (Ds)
Language: Afrikaans