NULL
Bible Book: Matthew / Matteus
Chapter: 13
Verse: 33
Verse (to): 0
Daar is sewe gelykenisse in Matteus: Die saaier (verse 1-9); die onkruid (24-30); die mostert saad (31-32); die suurdeeg (33); die skat (44); die pêrel (45-46) en die net (47-48). Die gelykenis van die suurdeeg staan in die middel van hierdie groep. Dié gelykenis is inderdaad sentraal in die verkondiging van Jesus oor die koninkryk van die hemel (of die koninkryk van God).
In hierdie kort gelykenis leer ons dat ‘n klein en skynbaar betekenislose begin van groot belang in God se koninkryk kan wees (soos ook in die gelykenis van die mostert saad). Die finale uitkoms van die koninkryk word ook genoem (soos ook in die gelykenisse van die onkruid en die net). Maar die eintlike fokus van hierdie gelykenis is die prosesse in God se koninkryk.
Tussen die “inwerk van die suurdeeg” en die uitrys van die deeg (wat nie genoem word nie, maar deur die gelykenis veronderstel word) lê die deursurende werking van die suurdeeg. “A handful of yeast eventually permeates a large amount of flour”, merk iemand oor hierdie vers op. “This parable focuses on yeast’s transforming quality”, skryf iemand anders. Met ander woorde: In God se koninkryk is die prosesse wat deur en deur werk tot daar ‘n werklike verskil gemaak is, die belangrike.
Deur hierdie gelykenis bemoedig Christus die indiwidue, gemeentes en organisasies wat hulle alles gee om God te dien, maar tog nie onmiddellike effek sien nie. Alhoewel dit na ‘n onbeduidende begin mag lyk en selfs na onbeduidende prosesse, sal dit in God se koninkryk vrug dra.
Vir my is die deursurende werking van die suurdeeg simbolies van God se werk. Aan die einde gaan dit nie net oor ons wat deur en deur werk tot die einde nie, maar oor God wat deur ons werk. Dit gaan om meer as volhardende moeite om ‘n verskil te maak – dit gaan oor God se trou. “Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end–uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom”, verseker Paulus die gemeente in Filippie (Fil 1:6).
Om nog iemand aan te haal: “Human valuation misses the point; little becomes great when God is at work”.
Om oor na te dink (of te bespreek): Op watter maniere kan ons betrokke wees en die deursurende werk van God se koninkryk binne die konteks van die MIV en vigs pandemie doen?
Author: N du Toit (Ds)
Language: Afrikaans