NULL
Bible Book: John / Johannes
Chapter: 20
Verse: 1
Verse (to): 18
Teks: Johannes 20:1-18
Die skrywer van die Johannesevangelie verklaar in 20:30-31 dat Jesus baie “wondertekens” gedoen het. Hiervan het hy slegs ‘n paar in sy evangelie beskryf. Terwyl ek deur die evangelie blaai om die wondertekens aan te teken, was dit veral die konteks (omgewing of situasie) van hierdie uitgesoekte groep wondertekens wat my opgeval het.
o Die eerste twee wondertekens wat beskryf word, vind by Kana en daar naby (Kapernaum) plaas: Jesus verander water in wyn (2:7-11) en genees ‘n regeringsamptenaar se seun (4:46b-54).
o Twee wondertekens word binne Jerusalem beskryf: By die bad van Betesda naby die Skaappoort genees Jesus ‘n man wat 38 jaar siek was (5:1-9) en terwyl Hy van die tempel af wegstap, genees Hy die blindgebore man (9:1-7).
o Nog twee geskied by die see van Galilea: Jesus vermeerder brood en vis (6:10-14) en Hy loop op die water (6:16-21).
o Die sewende wonderteken (waarvan die evangelis vertel) doen Jesus tussen die grafte: Hy wek Lasarus uit die dood op (11:33-44).

Sewe is dikwels in die Bybel ‘n volledige getal. Tog skep die “patroon” van twee wondertekens binne ‘n sekere omgewing die verwagting dat daar nog ‘n wonderteken “tussen die grafte” sal wees. En dit vind ons ook: Jesus staan self uit die graf op. Hierdie laaste en grootste wonderteken van die evangelie vind in die graf plaas (20:1-18).
Op Paasfeessondag word daar in kerke van kansels af verkondig dat Jesus opgestaan het en dat Hy lewe. Hierdie boodskap is egter nie net vir die “veilige ruimte” van kerkgeboue bedoel nie. Sommige gemeentes begin Paasfeessondag met ‘n byeenkoms in ‘n begrafplaas. Daar, tussen die grafte, word verkondig dat Jesus opgestaan het en lewe.
Die boodskap dat Jesus opgestaan het en lewe, is nie “ontuis” tussen die grafte nie. Dit is nie “vreemd” aan situasies van nood en dood nie. Dit is die goeie nuus juis vir mense in ‘n stukkende wêreld waar ons daagliks herinner word aan hoe kwesbaar ons is en hoe maklik die lewe ons uit die hand kan glip: Geweld, oorloë, MIV en vigs – om enkele voorbeelde te noem.
In hierdie situasie mag ons onthou en verkondig dat Jesus uit die graf opgestaan het. Hy lewe. Dit is die wonderlike boodskap wat die saad van ware hoop in ons harte saai en laat groei.
Author: N du Toit (Ds)
Language: Afrikaans