NULL
Bible Book: Isaiah / Jesaja
Chapter: 43
Verse: 16
Verse (to): 21
Teks: Jesaja 43:16-21
“Hoop” het ‘n gewilde woord geword. Predikers, politici en selfs advertensies gebruik dit daagliks. Die oorvloedige gebruik van die woord kan maklik daartoe lei dat die betekenis van die woord uitgehol word. Dit kan ons by ‘n punt bring waar ons kan dink dat hoop nie regtig belangrik is nie. Daarom is dit nodig om te sê: saam met liefde en geloof is hoop van kardinale belang (vgl 1 Kor 13:13). Om hoop te gee is om lewe te gee. Wanneer jy hoop verloor of dit van jou weggeneem word, bedreig dit jou lewe.
Dit word geïllustreer deur wat Victor Frankl in 1946 geskryf het toe hy sy belewenisse in die konsentrasiekampe van die Tweede Wêreldoorlog beskryf het:
“The prisoner who had lost faith in the future – his future – was doomed. With his loss of belief in the future, he also lost his spiritual hold; he let himself decline and became subject to mental and physical decay. Usually this happened quite suddenly, in the form of a crises, the symptoms of which were familiar to the experienced camp inmate” (Man’s search for meaning, V E Frankl, Hodder and Stoughton, 1971, p 74).

Waar kry ‘n mens hoop? Hoe word hoop geskep? Hoe kan ons hoop bewaar? Dit is relevante vrae vir mense wat met MIV leef, want baie mense wat met MIV leef, is bewus daarvan dat hulle met ‘n terminale siekte leef.
Die profeet Jesaja het ‘n antwoord op ons soeke na hoop: ontdek dat die God van Israel die God is wat nuwe dinge kan doen. “Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom; Ek maak in die woestyn ‘n pad, Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring” (vers 19).
Om die verlede te onthou, mag troos, maar dit skep nie lewe-gewende hoop nie (vgl vers 18). Dít vind ‘n mens wanneer jy onthou wie God is. Die God wat sy volk van slawerny bevry het en vir hulle ‘n pad deur die see gemaak het (vers 16). Die God wat sy Seun van die graf verlos het. Die God wat ook in ons tyd nuwe dinge kan skep (vers 19).
Dit herinner my daaraan dat Paulus God die “bron van Hoop” noem wat deur die Heilige Gees gee dat ons hoop “al hoe sterker kan word” (Romeine 15:13).
Om oor na te dink (of te bespreek): Wat is die redes vir die hoop wat jy het?
Om oor na te dink (of te bespreek): Wat is die redes vir die hoop wat jy het?
Author: N du Toit (Ds)
Language: Afrikaans