Year A (2010-2011)
Bible Book: Proverbs / Spreuke
Chapter: 9
Verse: 1
Verse (to): 6

Teks: Spreuke 9: 1-6

Sondag se fokusteks (Spreuke 9) nooi ons om met wysheid te leef. In aasluiting hierby kan in die voorbidding gebid word dat ons in hierdie tyd – wat MIV en Vigs ons hele samelewing infekteer – met wysheid sal optree:

– Bid vir ons regering – dat hulle wysheid mag ontvang om die regte besluite oor anti-retrovirale medisyne te neem terwyl daar soveel emosie rondom die vraag woed.

– Bid vir organisasies wat op die vigsterrein werk – dat hulle wysheid mag ontvang om sonder bymotiewe te dien sodat mense wat met MIV en Vigs leef, hoop sal kry. En bid ook vir die Christen Vigsburo (CABSA).

– Bid vir die mense in die mediese professie (ook tuisversorgers!) – dat hulle wyse optrede lewens sal verleng en sodat sterwendes waardigheid sal behou.

– Bid vir die kerk – dat ons as die liggaam van Christus met wysheid sal optree en ‘n verskil sal maak in die samelewing. Vra dat die Heilige Gees ons sal help om oop te wees vir sy leiding en om ook by ander instansies te leer sodat ons sinvol betrokke kan wees.

– Bid vir Christene wat vassteek by die oortuiging dat MIV en vigs die gevolg is van ‘n sondige lewe en daarom mense met MIV en vigs veroordeel.

– Bid vir jongmense – wat al moeg is van al die lawaai oor vigs – dat hulle wysheid sal ontvang om die werklikheid in die oë te kyk en met verantwoordelikheid te leef.

 

Author: du Toit N (Ds)
Language: Afrikaans