Year A (2010-2011)
Bible Book: James / Jakobus
Chapter: 1
Verse: 17
Verse (to): 27

Teks: James 1: 17-27

Twee weke terug is ons deur die Spreukeboek opgeroep om met ware wysheid te leef. Laasweek het ons in Psalm 84 ontdek hoe wonderlik dit is om in God se teenwoordigheid tuis te kom. Hierdie Sondag kom sê Jakobus: Mense wat God as Vader ken, mense wat wysheid gevind het, is mense wat in die wêreld “vaderlose mense” raaksien en teenoor hulle optree volgens die liefde van die Vader wat goeie gawes gee.

‘n Mens kan nie in die Suid-Afrika van 2003 Jak 1:27 lees sonder om aan die vigspandemie te dink nie: “Egte en suiwer godsdiens voor God die Vader is om weeskinders en weduwees in hulle moeilike omstandighede by te staan en om jou skoon te hou van die besmetting van die wêreld.” Daar word bereken dat Suid-Afrika reeds 400 000 “vigswesies” het. En hierdie getal kan in die volgende sewe jaar groei tot 2 miljoen!

Geen kind van ons Hemelse Vader kan hieroor skouers optrek en niks doen nie. (Om ‘n on-teologiese argument te gebruik: selfs hulle wat hulle huise met hoë heinings en alarms beveilig het, sal nie meer veilig wees as hierdie 2 miljoen kinders op ons strate eindig nie.)

SACLA het vigs ‘n reus genoem wat ons bedreig. Reuse probleme vra gesamentlike en georganiseerde optrede. Daarom sal gelowiges, gemeentes en kerke wat egte en suiwer godsdiens voor God die Vader wil beoefen, moet hande-vat/ netwerk/ saamwerk om ‘n werklike verskil te kan maak.

Die preekstudie van Buvton en die preekvoorstel bring die vigspandemie ter sprake en word aanbeveel.

Dit kan sinvol wees om in Sondag se Erediens deurlopend te beklemtoon dat God ons Hemelse Vader (Ouer) is.

 

Author: du Toit N (Ds)
Language: Afrikaans