Submitted by Visitor (not verified) on Mon, 07/12/2009 – 14:32
Bible Book: Hosea
Chapter: 1
Verse: 1 – 12
Teks: Hosea 1:1-12
Die eerste twaalf verse van hierdie boek weerspieël in kort die boodskap van die hele boek. “The basic message of Hosea is that God loves Israel. HOWEVER, they have sinned so grievously that he is forced to punish them. NEVERTHELESS, he has not given them up for good and will restore them to himself again” (aanhaling van Mike Butterworth met my beklemtoning).
In aansluiting hierby is dit nodig om die opmerking te maak dat die verhaal van Hosea en Gomer meer as bloot ‘n gelykenis van God se verhouding met Israel is. Dit is ‘n storie uit die werklike lewe wat oor mense handel. As verhaal trek dit ons in die werklikheid van die stukkende wêreld met baie gebroke mense in. Hosea word geroep om in hierdie wêreld oor God se liefde te profeteer en om dié liefde te demonstreer.
God roep sy profeet en gee aan hom die opdrag om met Gomer te trou. Hoewel die besonderhede van die verhaal onduidelik is (Bybel verklaarders en selfs vertalings huldig verskillende posisies), kan ons seker wees dat daar elemente van hoop in hierdie verhaal is (vergelyk 2:13,15 en 3:1-3). Vir Gomer en veral vir Hosea is dit egter nie ‘n maklike reis nie. Die sondes van Gomer se ontrouheid bring hartseer en swaarkry in Hosea se huis.
Liefde kan baie struikelblokke oorwin. Wanneer hierdie liefde geanker is in die liefde van God, sal dit oorwin (vgl 11:8).
God het Israel lief en Hy het Gomer lief. Sy liefde vir Israel word deur sy profeet Hosea verkondig en sy liefde vir Gomer word deur hierdie man wat aan haar getrou bly, demonstreer.
Mense wat betrokke is by MIV en vigs word daagliks daaraan herinner dat ons in ‘n stukkende wêreld leef. Juis hier het ons ‘n wonderlike boodskap van God se liefde. Ons word geroep om hierdie liefde te demonstreer in ons verhoudings met ons huweliksmaats, ons vriende en die mense wat ons ontmoet wat deur ander gestigmatiseer word.
Om oor na te dink (of te bespreek): Waarom is die makliker om oor God se liefde te praat as om dit in praktiese dade in ons verhoudings toe te pas?
Author: N du Toit (Ds)
Language: Afrikaans