Bible Book: Romans / Romeine
Chapter: 4
Verse: 1
Verse (to): 12
Romeine 14:1-12
Onlangs het koerante in my land soos soetkoek verkoop weens ‘n storie wat byna ‘n week lank hoofopskrifte tot gevolg gehad het. Dit het gehandel oor ‘n regter wat oor korrupsie verhoor is. Eventueel is hy skuldig bevind en gestraf. Vir baie mense was dit ‘n groot verrassing dat ‘n regter hom in so ‘n onbenydenswaardige posisie bevind het. Die probleem agter hierdie verbasing mag wees dat ons vergeet dat elke mens eerstens méns is en dan regter, advokaat, ensovoorts. As sulks behoort niemand aan homself of haarself as sonder foute te dink nie.
Ongelukkig merk ‘n mens ‘n “heiliger as” –houding in baie kerke. Mense wat hulle besig hou met die waarneem en uitwys van ander se sonde. Asof hulle die reg het om ander te veroordeel. Die vraag in vers 4 (“Wie is jy om oor iemand anders se bediende te oordeel?”) vra ons ernstige aandag. Ons is almal diensknegte van die Here en dit is slegs Hy (die Meester) wat die reg het om ons almal te oordeel. Wanneer ons mense oordeel, veroordeel ons hulle en gooi hulle op die ashoop. Maar die Bybel sê die Here is instaat om hulle wat val, weer op te rig. Halleluja!
Dit is ook belangrik dat ons almal sal besef dat elkeen van ons eendag voor die regterstoel van God sal verskyn (vers 10). Waarom dan tyd mors om ander te oordeel in plaas daarvan om jouself te ondersoek? Dit beteken egter nie dat ons nie mekaar moet vermaan nie. Ons behoort mekaar te vermaan en te beskerm sodat ons saam op die oordeelsdag met Christus die plek wat Hy vir ons berei het, sal ingaan. ‘n Waarskuwingsteken langs die pad is ‘n goeie voorbeeld van hoe ons mekaar kan help om tot eer van die Here te leef.
Met die MIV pandemie het baie van ons diegene wat met MIV leef, doelbewus of andersins veroordeel. Ons moet onthou dat almal van ons – geïnfekteer of nie – diensknegte van die Here is. As diensknegte van die Here het ons nie die reg om mekaar te veroordeel nie, want ons het almal een Meester.
Om oor na te dink (of te bespreek): Hoe reageer ek as individu en my kerk teenoor mense wat met MIV leef en hulle wat daardeur geraak word? Wat doen ons om ‘n houding van veroordeling teenoor mense wat met MIV leef, te beveg?
Om oor na te dink (of te bespreek): Hoe reageer ek as individu en my kerk teenoor mense wat met MIV leef en hulle wat daardeur geraak word? Wat doen ons om ‘n houding van veroordeling teenoor mense wat met MIV leef, te beveg?
Author: L Khanyanga
Language: Afrikaans