Bible Book: Revelation / Openbaring
Chapter: 3
Verse: 7
Verse (to): 13
Teks: Openbaring 3:7-13
Daar is al baie verklarings vir die “oop deur” van vers 8 gegee. Die betekenis van die deur wat Christus oopsluit en wat geen mens kan sluit nie, is onder andere verstaan as –
‘n missionêre (sending) geleentheid (vlg 1 Kor 16:9 & 2 Kor 2:12);
toegang tot die Messiaanse gemeenskap;
‘n verwysinging na Christus self (vgl Joh 10:7);
die deur van gebed wat vir gelowiges oop staan;
ensovoorts.
‘n missionêre (sending) geleentheid (vlg 1 Kor 16:9 & 2 Kor 2:12);
toegang tot die Messiaanse gemeenskap;
‘n verwysinging na Christus self (vgl Joh 10:7);
die deur van gebed wat vir gelowiges oop staan;
ensovoorts.
Vir my herinner Openb 3:8 aan twee uitsprake voor en na hierdie gedeelte. In Openb 1:17b-18 lees ons: “Moenie bang wees nie, dit is Ek, die Eerste en die Laaste, die Lewende. Ek was dood en, kyk, Ek lewe tot in alle ewigheid; en Ek het die sleutels van die dood en die doderyk.” Verder staan in Openb 5 vers 9: “U (die Lam) is waardig om die boek te neem en die seëls daarvan oop te maak omdat U geslag is en met u bloed mense vir God losgekoop het uit elke stam en taal en volk en nasie.”
Christus is die oorwinnaar wat opgestaan het uit die graf en Hy is die Lam wat die geskiedenis ontsluit. Daarom kan Hy vir die klein, swak gemeente in Filadelfia ‘n oop deur gee, selfs al waarsku Hy dat daar ‘n tyd van beproewing oor die hele wêreld gaan kom (3:10).
Die gemeente van Christus in hierdie stad wat deur aardbewings getref is, waar hulle uit die sinagoge geban is en waar hulle swaar tye van beproewing tegemoetgaan, het steeds ‘n oop deur omdat hulle Here die dood oorwin het en die geskiedenis in sy hand hou.
Die omvang en impak van die vigspandemie kan maklik vir gelowiges, gemeentes en kerke die gevoel gee dat ons ons vasloop teen ‘n muur van probleme en swaarkry. Ook in hierdie omstandighede kan ons aan Openb 3:8 vashou. In vasgeloopte situasies kan Christus, wat die dood oorwin het en die geskiedenis ontsluit, vir sy volgelinge ‘n deur oopsluit. Wanneer Christus ‘n deur vir ons oopsluit, kan niks en niemand dit toesluit nie.
Mag die Here ons geloofsoë aanraak sodat ons al die oop deure in hierdie tyd van MIV en vigs sal raaksien en ingaan.
Author: N du Toit (Ds)
Language: Afrikaans