Year A (2010-2011)
Bible Book: James / Jakobus
Chapter: 5
Verse: 13
Verse (to): 20

Teks: Jakobus 5:13

“As daar iemand van julle is wat siek is, moet hy die ouderlinge van die gemeente laat kom, en hulle moet vir hom bid en hom met olie salf onder aanroeping van die Naam van die Here.” “Ou Vertaling”: “Is daar iemand siek onder julle? Laat hom die ouderlinge van die gemeente inroep, en laat hulle oor hom bid nadat hulle hom in die Naam van die Here met olie gesalf het.”

Hierdie teks help ons om die belangrikheid van gebed te besef. Dit help ons ook om die optrede van die “bidders” (in die teks die ouderlinge genoem) raak te sien.

* Hulle reageer op die noodroep van die sieke en kom na sy/haar huis.

* Hulle doen voorbidding vir die sieke.

* Hulle salf die sieke met olie.

* Hulle beoefen geestelike gemeenskap (pastorale sorg) deur wedersydse sondebelydenis (vers 16).

Hoe kan ons die “salf met olie in die Naam van die Here” verstaan?

“Dis nie ‘n sakrament nie.” “Dis nie ‘n magiese handeling nie.” “Dit sluit aan by mediese praktyke van die tyd.” Is bekende antwoorde.

Die gebruik van olie deur die ouderlinge kan ons help om iets van die bediening van versorging en vertroosting aan siekes te ontdek. In die Naam van Jesus vat die ouderlinge olie en vryf dit liefdevol aan die sieke se liggaam. Dis tog waarna iemand wat siek is, verlang en nodig het: die sagte aanraking van ‘n liefdevolle hand.

Daarom behoort die kerk se “vigsbediening” juis dit te wees: die uitryk na geïnfekteerdes; die sagte aanraak met hande vol liefde.

 

Author: du Toit N (Ds)
Language: Afrikaans