Bible Book: Psalms
Chapter: 94
Verse: 1
Verse (to): 24
Teks: Teks Psalm 94
Aan die een kant is die einde van die jaar ‘n herinnering aan die tyd wat uitloop terwyl die stukkende wêreld waarin ons leef nog soveel heelmaak nodig het. Dis nie moeilik om die beskrywing van onreg (en die skynbare gemak waarmee “goddeloses” dit beoefen) in verse 3 – 7 met ons eie stukkende wêreld te verbind nie.
Aan die ander kant verkondig “Sondag van Christus die Koning” en Psalm 94 dat God op sy troon sit en dat geregtigheid en reg uiteindelik aan die “Regter van die aarde” (vers 2) behoort. Daarom kan ons saam met hierdie Psalmdigter bid dat God as Regter sal kom om onreg, vertrapping van mense en korrupsie reg te stel. Die Psalm is ook ‘n oproep om God se opvoeding te kies (vers 12), ‘n verklaring van bereidheid om God se reg te soek en ‘n oproep aan ander om hierby betrokke te raak (vers 16).
Hoewel ons dus bewus is van die stukkende wêreld waarin ons leef, kan ons opkyk na die Koning wat regeer. Terwyl ons bewus is van mense wie se lewens stukkend is – veral ook mense oor wie se lewens die donker skadu van MIV en vigs geval het – kan ons uitryk met hoop en liefde as mense wat hulle met God se reg en geregtigheid vereenselwig.
Daarom kan ons in hierdie tyd bid:
Here, laat ons die geur van u lieflike teenwoordigheid versprei oral waar ons gaan.
Versadig ons gees met u liefde en u lig:
deurdring ons lewe so volkome met die glans van u lig dat dié wat met ons in aanraking kom, bewus mag word van u warmte en heil.
Laat hulle wat in die skadu’s lewe, na ons kyk en net vir Jesus sien!
Bly so naby ons dat ons lewe soos U s’n sal begin skyn …
Ons vra nie dat die lig op óns val nie, liewe Here, maat dat dit déúr ons op ander sal skyn.
Amen.

(Uit: Groot Gebedeboek, bl 359 – John H Newman – Gebed daagliks gebruik deur Moeder Teresa en haar helpers in Kalkutta.)
Author: N du Toit (Ds)
Language: Afrikaans