Submitted by Visitor (not verified) on Wed, 16/11/2011 – 11:29
Bible Book: John / Johannes
Chapter: 3
Verse: 1 – 12
Teks: Jakobus 3:1-12

Status en Stigma

Kan jy jou indink in die posisie van iemand wat MIV positief is en wie se status bekend geraak het?

Jy kan dit doen deur te vra hoe jy sou voel as van die volgende opmerkings jou toegevoeg word:

“Jy is nie meer my kind nie!.”

“Jou CV is baie goed. Al wat ons nou nog nodig het, is jou MIV toetsresultaat.”

“Jy het ‘n skande op ons huis gebring!”

“Dis jou eie skuld! Jy is ‘n slet!”

“Moenie aan my sussie raak nie!!”

“Ek verag jou!”

“Gaan weg. Ons wil nie vigs hier by ons hê nie.”

“Ek mag nie met jou praat, of saam met jou gesien word nie.”

Die reeks plakkate wat hierdie voorbeelde gebruik, volg dit op met:

“Jy het so pas die pynlikste simptome van MIV en Vigs ervaar.”

Jakobus 3:6 sê: “Die tong is ook ‘n vuur, ‘n wêreld vol ongeregtigheid, die deel van die liggaam wat die hele mens besmet. Dit steek die hele lewe, van die geboorte af tot die dood toe, aan die brand, en self word dit uit die hel aan die brand gesteek.”

In ‘n wêreld waar vigs mense se lewens kortknip, het die tong selfs nog meer ‘n vuur geword wat mense se harte brand.

Die voorbeelde is geneem uit ‘n stel posters van World AIDS Campaign 2002-2003. Kyk gerus daarna hier

en as jy ‘n dataprojektor beskikbaar het, kan jy oorweeg om die reeks posters te wys.

Author: Ackerman D (Dr) and Lundo J
Language: Afrikaans