NULL
Bible Book: Mark / Markus
Chapter: 10
Verse: 46
Verse (to): 52

Markus 10:46-52

Die pad deur Jerigo is die pad wat na Jerusalem gaan. Baie pelgrims reis hier langs op pad na die fees in Jerusalem (vgl v 32). Buite Jerigo sit ‘n blinde bedelaar langs die pad (v 46). Die stroom pelgrims stap by hom verby en laat hom agter. Die blinde man is in werklikheid na die kant van die samelewing gestoot.
Jesus reis ook op hierdie pad. Vir Hom is dit sy finale reis na Jerusalem. Hy het reeds sy dissipels gewaarsku dat hy in Jersulem doodgemaak sal word (vgl v 33).
Toe die blinde man verneem dat Jesus van Nasaret verbygaan, skree hy dadelik met all mag om gehelp te word (v 47). Die reisigers berispe hierdie blinde man om tog stil te bly (v 48). ‘n Bedelaar langs die pad is nie veronderstal om met die belangrike reis van die pelgrims in te meng nie.
Maar Jesus let die man langs die pad op en roep hom (v 49). “Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?”, vra Jesus hom. Sy enigste versoek is: “dat ek kan sien” (v 51). Sy eerlike antwoord, wat sy diepste verlange uitdruk, staan in skrille kontras met die spesiale guns wat twee van Jesus se dissipels pas van hom gevra het (v 35-37). Hoewel hulle Hom al ‘n geruime tyd gevolg het, was hulle steeds deur hulle selfsugtige begeertes geestelik verblind. Maar ten spyte van sy blindheid sien Bartimeus dat hierdie “Jesus van Nasaret” in der waarheid die “Seun van Dawid” is (v 47). Iemand stel dit so: “Physical blindness is no obstacle to spiritual sight; conversely, physical sight is no guarantee of spiritual sight,”
Deur die blinde man se naam te noem, beklemtoon Markus dat hierdie verhaal meer is as net die genesing van ‘n blinde man. Dit is die verhaal van ‘n bedelaar langs die pad wat ‘n volgeling van Jesus geword het (v 52).
Om oor na te dink (of te bespreek): Dikwels verhinder MIV- en vigsstatistiek mense daarvan om te besef dat dit oor individuele vroue en mans, seuns en dogter en babas gaan wat met MIV en vigs leef. Wat kan ons doen om die getalle gesigte te gee en die gesigte name?
Author: N du Toit (Ds)
Language: Afrikaans