Year A (2010-2011)
Bible Book:
James / Jakobus
Chapter: 3
Verse: 13
Verse (to): 0

Teks: Jakobus 3:13-4:8

Jakobus 3:13 – 4:10 bevat die mooi beskrywing van ware wysheid:

“Maar die wysheid wat van Bo kom, is allereers sonder bybedoelings, en verder is dit vredeliewend, inskiklik, bedagsaam, vol medelye en goeie vrugte, onpartydig, opreg.”

Stel jou die volgende voor –

Broer / Suster Christians kom na julle gemeente. In die getuigskrif wat die vorige leraar aanstuur, staan onder andere die volgende:

“As leraar is ek jammer dat Broer (Suster) Christians uit ons gemeente vertrek. Ek getuig graag dat hy (sy) vredeliewend, inskiklik, bedagsaam, vol medelye en goeie vrugte, onpartydig en opreg is. Wees egter versigtig om hom (haar) met HIV geïnfekteerde persone in aanraking te laat kom – hy (sy) kan baie veroordelend teenoor sulke mense optree.”

Dis tog net ONMOONTLIK dat die wyse persoon wat Jakobus in 3:17 beskryf, ongevoelig en liefdeloos kan wees teenoor mense wat deur HIV geïnfekteer en geaffekteer is.

Jakobus beskryf die positiewe optrede van wyse mense in 3:18 met twee sentrale begrippe van die Bybel: vrede en geregtigheid. Hiermee roep hy sy lesers op om in hulle gebroke gemeente – daar was naywer en selfsug (3:14); stryd en rusies (4:1) – met wysheid vrede en geregtigheid te bring.

In óns gebroke gemeenskap – waar geslote harte en vooroordele siek mense vereensaam – het ons baie wyses nodig om die brug na vrede en geregtigheid te bou.

 

Author: du Toit N (Ds)
Language: Afrikaans